Milaan

Milaan
Milano | Milán

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Italië Italië
 Administratiewe gewes Lombardye
 Provinsie Milaan (MI)
 Koördinate 45°28′N 9°11′O / 45.467°N 9.183°O / 45.467; 9.183
 Stigting (Romeinse verowering) 222 v.C.
 Oppervlakte:  
 - Totaal 181,76 vk km
 Hoogte bo seevlak 120 m
 Bevolking:  
 - Totaal (28 Februarie 2020) 1 399 860
 - Bevolkingsdigtheid 7 700/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2 (MEST)
 Klimaat  
 - Tipe Subkontinentaal
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 13,1 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 2,0 / 24,1 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 963 mm
 Burgemeester Giuseppe Sala (EV)
 Amptelike Webwerf comune.milano.it

Milaan (Italiaans: Milano; Milanees: Milán) is met 'n bevolking van 1,37 miljoen die tweede grootste stad van Italië na Rome, geleë in die sentrale gedeelte van die Povlakte waar dit deur uitgestrekte voorstedelike sones omring word. Dit is die hoofstad van die provinsie of Metropolitane Stad Milaan en van die administratiewe gebied Lombardye, die ekonomies mees ontwikkelde en ook mees digbevolkte streek in Italië.[1] Die Metropolitane Stad Milaan het 'n bevolking van 4,5 miljoen, terwyl Grande Milano, die metropolitaanse gebied van Milaan, sewe miljoen inwoners het.

CityLife Milano
Zaha Hadid Architects, Londen
Wyle Britse argitek Zaha Hadid se CityLife-woonkompleks
Wêreldtentoonstelling Expo 2015 in Milaan: die Eerste Dame van die Verenigde State, Michelle Obama, en Agnese Landini, eggenote van die destydse Italiaanse premier Matteo Renzi, bewonder die Italiaanse pawiljoen se spieëlsaal

In die antieke tydperk het Milaan, wat oorspronklik deur Keltiese setlaars gestig is, as Mediolanum bekendgestaan. Die stadsnaam is afgelei van die Keltiese Medelhan en beteken "in die middel van die plein". In die Romeinse Ryk het Mediolanum vinnig tot een van die belangrikste stedelike nedersettings gegroei. In sy latere geskiedenis het die stad onder die invloed van Duitse, Franse en Oostenrykse heersers gekom. Ná die vereniging van Italië in 'n monargiese eenheidstaat het Milaan vinnige industrialisering ervaar.

Milaan is sedert die laat 19de eeu die ekonomiese en finansiële spilpunt van Italië asook sy belangrikste stad vir die mode-, ontwerp-, kultuur- en mediabedryf, setel van 'n universiteit en die Italiaanse Effektebeurs. In die laat 20ste eeu het 'n grootskaalse kulturele herlewing begin waaruit nuwe musea, opspraakwekkende voorbeelde van volhoubare moderne argitektuur en 'n groot verskeidenheid kunsuitstallings voortgespruit het. Tussen 6 en 22 Februarie 2026 sal Milaan saam met Cortina d'Ampezzo die gasheerstad van die Olimpiese Winterspele 2026 wees.

Milaan en Lombardye word tans onder die welvarendste gebiede in die Europese Unie gereken. Die belangrikste besienswaardighede van Milaan is die gotiese katedraal, die operateater Scala en 'n groot aantal kunswerke wat in sy museums uitgestal word.

  1. (en) DK Eyewitness Travel: Milan & the Lakes. London: Dorling Kindersley 2017, bl. 14

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search